Zuma besoek Soweto
2011-04-26 12:48
Johannesburg – Pres. Jacob Zuma gaan Dinsdag in sy hoedanigheid as ANC-leier 'n besoek aan Soweto aflê, het die ANC gesê.
"Mnr. Jacob Zuma gaan Soweto besoek om vennootskappe te versterk en mense aanmoedig om vir die ANC te stem," het die ANC in Gauteng in 'n verklaring gesê.
Paul Mashatile, ANC-leier in Gauteng, Amos Masondo, burgemeester van Johannesburg en verskeie ander provinsiale leiers sal Zuma vergesel.
Zuma se besoek sal om 10:20 by die Hector Peterson-gedenksteen.
Die munisipale verkiesing word op 18 Mei gehou.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA