Zuma beloof werkskepping, aksie
2010-02-11 20:00
Kaapstad - Pres. Jacob Zuma beloof om die regering se dienslewering te bespoedig en groei en verskepping te bevorder.
Zuma het Donderdagaand sy staatsrede in die parlement gelewer.
"Die jaar, 2010, sal die jaar van aksie wees," het Zuma gesê.
Zuma het verlede jaar beloof om 500 000 werksgeleenthede te skep en het gesê dié poste "is nie poste in die hoofstroom-ekonomie nie", maar tydelike posisies wat 'n inkomste, ondervinding en opleidingsgeleenhede bied vir werklose mense.
"Teen die einde van Desember verlede jaar, het ons meer as 480 000 werksgeleenthede geskep in die departement van openbare werke. Dit is 97% van die doelwit wat ons gestel het."
Intussen het een van die motorfietse wat voor die adjunkpresident, Kgalema Motlanthe, se motor in Pleinstraat gery het, geval, berig Charlotte Scheepers.
Daar was 'n oomblik van chaos, maar alles was gou weer verby.
Dit is nie bekend of die persoon op die motorfiets beserings opgedoen het nie.
– Sapa