Zuma bekommerd oor kinders tydens WB

2010-05-22 12:15
Tweets Share Share line Print

Antoinette Pienaar, Beeld

“Om kinders te beskerm is ’n nasionale taak wat God ons opgelê het.”

So het president Jacob Zuma Vrydagoggend by die bekendstelling van Kinderbeskermingsweek in die Atteridgeville-gemeenskapsaal, wes van Pretoria, gesê.

Hy het gesê hy is hoogs bekommerd oor die miljoene kinders wat weens die verlengde skoolvakansie tydens WB 2010 sonder toesig kan wees.

Volgens Zuma is die regering bewus van die feit dat mensehandelaars die toernooi kan sien as ’n geleentheid om veral kinders en vroue te ontvoer.

Hy het simpatie met ouers en versorgers wat gaan sukkel om toesig vir hul kinders te reël, maar het daarop gewys dat daar deesdae ook ’n element van traak-my-nie-agtigheid by ouers is.

“As ons kyk hoe kinders byna daagliks by Durban as vermis aangemeld word (tydens die Desember-vakansie), dui dit op ’n graad van traak-my-nie-agtigheid.

Miskien raak kinders maar weg tussen so baie mense, maar ouers moet onthou, dié keer gaan daar mense kom om kinders te steel met die sokkeropwinding as dekmantel.”

Volgens Zuma is daar deesdae mense wat erger as diere is.

“Diere sal tot die dood toe baklei om hul kinders te beskerm. Destyds was daar nie weeskinders wat sonder kos of slaapplek rondgeslenter het nie, want hulle het families gehad wat na vore gekom het om na hulle om te sien.”

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: jacob zuma  |  2010

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 FSi Sportline
2006
R 185,400.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Quattro
2008
R 279,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2003
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.