Zuma 'aanvaar' besluit oor Simelane
2011-12-28 17:55
Pretoria – Pres. Jacob Zuma aanvaar die besluit van vyf appèlregters wat bevind het dat adv. Menzi Simelane uit sy pos as nasionale vervolgingshoof verwyder moet word, en sal nie appèl aanteken teen die uitspraak nie.
Zuma het dié besluit bekendgemaak in 'n verklaring wat uitgereik is deur sy woordvoerder, Mac Maharaj.
"Die minister van justisie, Jeff Radebe, sal egter die saak opvolg om duidelikheid te kry oor verskeie kwessies," het die verklaring gelui.
Intussen het Zuma besluit om Simelane op spesiale verlof te plaas. Adv. Nomgcobo Jiba, adjunkdirekteur van openbare vervolging, sal tot verdere kennisgewing as die nasionale direkteur van openbare vervolging optree.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA