Zuma: 'Weeskinders, ouetehuise is Christenskap se skuld'

2011-12-21 12:02
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – President Jacob Zuma het tydens die bekendstelling van 'n padveiligheidsprogram in KwaZulu-Natal, gesê Christenskap het die bestaan van weeskinders en ouetehuise teweeggebring, het The Times Woensdag berig.

"As Afrikane het ons ons eie manier gehad van dinge doen, lank voor die koms van godsdiens en die Bybel," het Zuma in sy toespraak by die bekendstelling gesê.

"Dit is die tye waarna godsdienstige mense verwys as die donker tye, maar ons weet dit was die tye waar daar geen weeskinders of ouetehuise was nie. Christenskap het al hierdie dinge teweeggebring," het hy gesê.

Zuma, wat in 2007 as 'n eervolle pastoor van die onafhanklike charismatiese kerke in Durban ingeseën is, het aan die skare gesê dat Suid-Afrikaners na "die ou manier van dinge doen" moet terugkeer, want moderne tye het gemeenskappe skade berokken.

Sy klaarblyklike kritiek teenoor Christenskap staan in skerp kontras met die ANC se geskiedenis om godsdienstige terminologie te gebruik in 'n poging om die party te bevorder.

Die ANC se hoofsweep, Mathole Motshekga, het Dinsdag gesê dat die party nodig het om onwrikbaar te regeer totdat Jesus eendag na die aarde terugkeer.

In Februarie vanjaar het Zuma stemme probeer win deur te sê dat mense wat vir die ANC stem, hemel toe sal gaan.

Ses maande vroeër het die ANC se leier in die Vrystaat, Ace Magashule, aan 900 ANC-afgevaardiges by 'n konferensie in Bethlehem gesê hulle moet Zuma volg op dieselfde manier waarop mense in die kerk vir Jesus volg.

In Desember 2008 het Magashule aan Volksblad gesê dat Zuma ly net soos wat Christus gely het.

"Jesus is vervolg. Hy is name genoem en verraai. Dit is dieselfde lyding waardeur mnr Zuma onlangs moes gaan, maar hy staan steeds sterk. Hy gee nie op nie."

Tydens Zuma se verkragtingsaak in 2006 het baie van sy ondersteuners plakkate gedra met slagspreuke wat gelui het: "Zuma is Jesus" en "Hoekom kruisig julle vir Zuma?"

Volg Nuus24 op Twitter.


- SAPA

Lees meer oor: jacob zuma  |  godsdiens

Lewer kommentaar op hierdie artikel
218 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 FSi Sportline
2006
R 185,400.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Quattro
2008
R 279,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2003
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.