Zuma: Wees meer soos Madiba
2010-07-18 19:02
Oos-Kaap - Pres. Zuma het Sondag 'n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om te verenig deur van oudpres. Nelson Mandela se nalatenskap te leer.
"Een van die lesse wat ons uit Mandela se nalatenskap moet neem, is dat eenheid en solidariteit in ons land ingegrawe moet wees," het Zuma aan duisende mense gesê wat Mandela-dag vieringe by die Mvezo-koninklike paleis in die Oos-Kaap bygewoon het.
Hy het gesê die gees van eenheid wat gedurende die Wêreldbeker-sokkertoernooi openbaar is, het bewys dat eenheid tussen mense van verskillende rasse moontlik is.
"Gedurende die Wêreldbeker was Suid-Afrikaners verenig en het saamgewerk om een doelwit te bereik. Ons wil hê die gees van Afrika-eenheid, liefde en vriendskap moet voortgaan."
Zuma het Suid-Afrikaners bedank wat 67 minute opgeoffer het om mense se lewens te verbeter ter viering van Madiba se 92ste verjaardag.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA