Zuma: 'WB-toernooi ons beste kans nog'

2010-04-22 10:34
Tweets Share Share line Print

Hannatjie Van Der Merwe, Volksblad

Kimberley – Hierdie is die enkele grootste kans wat Suid-Afrika nog gehad het om sy verskeidenheid en potensiaal aan die wêreld te vertoon, het pres. Jacob Zuma Woensdag hier op die 50-dae-aftelbyeenkoms tot die Wêreldbeker-sokkertoernooi gesê.

Hy was die hoofspreker in die Galeshewe-stadion waar duisende mense vir dié feesvieringe teenwoordig was.

Met net minder as 50 dae oor voordat WB 2010 begin, toon kaartjieverkope dat sokkerkoors Suid-Afrikaners behoorlik beetgepak het.

Fifa het gesê 180 000 kaartjies is binne die eerste ses dae sedert die begin van die vyfde en laaste fase van kaartjieverkope opgeraap, berig Retha Grobbelaar uit Kimberley. 

Hoewel minder buitelandse besoekers na verwagting gaan opdaag vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi, gaan hulle per kop meer bestee, berig Antoinette Slabbert.

Gillian Saunders, toerismekenner van die konsultantegroep Grant Thornton, wat pas sy mening oor die ekonomiese impak van die toernooi hersien het, het gesê die verwagte getal buitelanders wat die toernooi gaan bywoon, is nou 373000, wat 22% minder as die aanvanklik geskatte meer as 400000 is.

Zuma het in Kimberley gesê: “Ons moet opstaan en die storie vertel van ’n vasteland wat lewend met moontlikhede en veerkragtige mense is, wat mense van ander nasies en hul kulture omhels.”

Hy het gesê dit is nou die tyd vir almal om eienaarskap van die gebeurtenis te aanvaar, om dit hul verantwoordelikheid te maak, en om die nodige toestande vir die sukses hiervan te skep.

Zuma het gesê veiligheid vir die byeenkoms het voldoende aandag gekry. Provinsies het volledige veiligheidsplanne ontwikkel, wat met die nasionale plan gesinchroniseer is.

Meer as R1 miljard is bykomend vir veiligheid opsygesit.

Die veiligheidsdepartemente werk met internasionale wetstoepassingsagentskappe saam om alle bedreigings vir die byeenkoms uit te skakel. “Niks is aan die toeval oorgelaat nie.”

Planne bestaan om spesiale howe vir dié toernooi in te stel om oortredings dadelik te hanteer.

Noodmaatreëls en planne vir rampbestuur is in gasheerstede voltooi. Voldoende geld is vir dié doel toegesê.

Omgewingsplanne bestaan om druk op die land se natuurlike hulpbronne te verlig. ’n Verskeidenheid projekte vir verfraaiing en afvalbestuur is gereed.

Voorbereidings vir die toernooi het groot voordele ingehou. Sowat 66813 direkte werkgeleenthede is geskep, maar dié getal is waarskynlik beduidend hoër as na die indirekte impak op arbeid gekyk word.

Byna R9miljard is aan huishoudings toegeken, insluitend dié in die lae inkomstegroep.

Die toernooi sal vanjaar R4,9miljard tot die bruto binnelandse produk bydra, met die impak op ’n wye reeks bedrywe.

Die departement van handel en nywerheid help die SMME-sektor om sakegeleenthede soos handwerk, gasvryheid, spyseniering en vele ander te ontgin.

Die kapitaalbelegging van die toernooi is massief, en sal ook die volhoubare erfenis wees, wat die land se mededingende vermoë in ander toernooie verbeter.

Met die program van R846 miljard vir infrastruktuur is die regering gereed om met die uitbreidings lank ná 2010 voort te gaan.

Die toernooi het reeds ’n massiewe impak op die land se ekonomie gemaak. Planne is gereed vir enige moontlike kragprobleme, het Zuma gesê.

Lees meer oor: 2010  |  jacob zuma

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 FSi Sportline
2006
R 185,400.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Quattro
2008
R 279,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2003
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.