Zuma: Vakbonde loots politieke aanvalle teen regering
2010-08-14 18:58
Kaapstad - Pres. Jacob Zuma het sommige vakbond-leiers daarvan beskuldig dat hulle stakings gebruik om politieke aanvalle op die regering te loots, het RSG op hul webwerf berif.
Dit is in reaksie op stakings deur staatsdienswerkers hierdie week, vir beter salarisse en behuisingstoelae.
Die staking het gelei tot die sluiting van sekere skole en die funksionering van talle staatsdepartemente is lamgelê.
Zuma sê hoewel hy werkers se reg erken om te staak, veroordeel hy vakbond-leiers wat somtyds die geleentheid gebruik om politieke sake te bespreek, wat niks met werkers se eise te doen het nie.
- Vir die volledige storie besoek RSG.
- Volg Nuus24 op Twitter.