Zuma: 'Tree streng op' teen moeilikheidmakers

2011-09-02 10:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Pres. Jacob Zuma het die polisie beveel om streng op te tree teen jeugdiges wat amok maak in die strate van Johannesburg, het The Star Vrydag berig.

Sy reaksie volg nadat ondersteuners van Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, die afgelope week buite die ANC se hoofkwartiere in Johannesburg verwoesting gesaai het.

Zuma het die media toegespreek ná wat hy as ‘n baie suksesvolle besoek aan Noorweë beskryf het.

Jens Stoltenberg, die Noorweegse premier, het tydens die besoek aangebied om Suid-Afrika by te staan om ‘n suksesvolle COP17-klimaatskonferensie in Durban aan te bied later in die jaar.

Op ‘n vraag oor die gewelddadige betogings tydens die ANC se dissiplinêre verhoor teen Malema, het Zuma gesê hy wil die kwessie oor die algemeen aanspreek, aangesien hy nie persoonlik die betogings by Luthuli-huis gesien het nie.

“Ons aanvaar dit nie. Ek dink nie dit is goed vir demokrasie nie,” het hy gesê.

“As ons sê mense het vrye assosiasie en vryheid van spraak in 'n demokrasie, gee dit nie toestemming aan diegene wat voel hulle het die behoefte om... die strate te verwoes, vensters te breek en mense te slaan nie. Dit is nie demokrasie nie.

“Ek voel, en ek het vir die polisie ook gesê, dat daar baie streng opgetree moet word teen daardie mense, want hulle oortree die wet.”

Zuma het bygevoeg dat die betogings onaanvaarbaar is en dat dit inmeng met die regte van ander landsburgers.

“Ek dink nie dit is reg nie. En dit is wat ons as Suid-Afrikaners moet leer. Dat ons respek vir ander moet hê... Hierdie kultuur waarin daar nie respek vir diegene in magsposisies is nie is nie goed vir enige land nie,” het hy gesê.

Malema en vyf mede-beskuldigdes word dissiplinêr verhoor nadat hulle daarvan aangekla is dat hulle die ANC se naam in oneer gebring en onmin in die ANC gesaai het.

– Volg Nuus24 op Twitter

 

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... As sy seun vir die onder dertien spannetjie gespeel het dan was die pa sekerlik nie te oud nie, tragies. Sterkte aan die familie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 FSi Sportline
2006
R 185,400.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Quattro
2008
R 279,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2003
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.