Zuma, Radebe kry skuld oor hoofregter

2011-07-28 09:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Dis pres. Jacob Zuma en sy minister van justisie, Jeff Radebe, se skuld dat hoofregter Sandile Ngcobo besluit het om op sy swaard te val en nie ’n verlenging van sy dienstermyn te aanvaar nie.

Dié aantyging is Woensdag deur die opposisie, akademici en vanuit regskringe gemaak nadat Radebe aangekondig het Ngcobo het sy aanvaarding van ’n verlengde dienstermyn teruggetrek.

Dit volg op die voortslepende onsekerheid oor die grondwetlikheid van Zuma se besluit om art. 8 (a) van die Wet op Regtersvergoeding en -diensvoorwaardes te gebruik om die dienstermyn te verleng. Dié besluit is sedertdien in die grondwethof betwis terwyl die parlement besig is om die wet aan te pas.

Volgens Radebe het Ngcobo só besluit om “die integriteit van die amp van hoofregter en die aansien van die regbank in sy geheel te beskerm”.

Dene Smuts, DA-LP en lid van die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie, het gesê Radebe het “onverskoonbaar stadig” opgetree om dié situasie te verhinder. Die regering se traagheid om die grondwetlike kwellinge uit die weg te ruim het sowel Ngcobo as die regbank in ’n onmoontlike posisie geplaas.

Sy het in Junie voorgestel dat ’n sogenaamde ad hominem-wet deurgevoer word om Ngcobo se dienstermyn te verleng, soos in hoofregter Arthur Chaskalson se geval. Die ANC het dit egter verwerp, omdat dié party gemeen het die president se besluit is grondwetlik.

“Ons het iemand verloor wat die vaardighede het wat ons in die nuwe regsbedeling gaan nodig hê. Dié gevoelige verlies word vererger deurdat dit verhinder kon gewees het as vroeg genoeg opgetree is.”

Steve Swart (ACDP-LP), ook ’n lid van die justisiekomitee, meen dis “skandalig” dat die uitvoerende gesag die kwessie nie vroeg genoeg besleg het nie.

Prof. Pierre de Vos, grondwetkenner aan die Universiteit van Kaapstad (UK), het gesê die regering “het die bal laat val”.

Volgens hom moet vrae oor die presidensie en ministerie se hantering van die kwessie gevra word.

“Dit wek die indruk dat die president of die minister, of albei, nie genoegsaam op die hoogte van regskwessies is nie en nie behoorlik beplan nie.”

Prof. Raylene Keightley, direkteur van Wits se sentrum vir toegepaste regstudies (Cals) – een van die partye wat ’n aansoek by die grondwethof ingedien het om die regterswet ongrondwetlik te verklaar – het gesê Zuma en Radebe se “halsstarrigheid” moet geblameer word.

Cals het in Mei vanjaar aan die presidensie geskryf en gesê wetgewing moet aangepas word indien Zuma beplan om Ngcobo se termyn te verleng.

Voordat Ngcobo die tuig op 14 Augustus neerlê, sal Zuma ’n nuwe hoofregter aanwys. Daar word bespiegel die keuse sal nie op adjunk-hoofregter Dikgang Moseneke val nie.

Regter Lex Mpati, president van die appèlhof, regter-president Bernard Ngoepe van Gauteng en regter Zac Yacoob van die grondwethof is glo sterker moontlikhede.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Danie sê... Jy mag dit net nie op 'n doek vaslê en verewig nie Koos...dit is waar die kuns en kultuur stop! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Android Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Business Analyst

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2011
R 144,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2008
R 255,000.00

FORD

Fiesta 1.6 Ambiente 5-dr AT MY06
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.