Zuma: 'Polisie het nie lisensie vir doodmaak'

2009-11-13 18:35
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die polisie het nie ‘n lisensie om dood te maak nie, het president Jacob Zuma Vrydag gesê.

“Ek het verskeie media berigte opgemerk oor die gebruik van mag deur die polisie, wat met tye gelei het tot die verlies van lewens, insluitende die lewens van kinders,” het Zuma in ‘n verklaring gesê.

“Geen polisie-amptenaar het toestemming om verdagtes te skiet in omstandighede wat nie deur die wet toegelaat word nie. Die wet gee nie die polisie ‘n lisensie om dood te maak nie.”

Berigte van burgerlikes wat deur die polisie doodgeskiet is het aansienlik toegeneem sedert Zuma en sommige van sy ministers die polisie aangemoedig het om strenger teenoor kriminele op te tree.

In ‘n onlangse geval is ‘n polisiekonstabel in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n driejarige kind, Atlegang Aphane, in Midrand doodgeskiet het. Die konstabel het gedink die metaal-pyp wat die kind vasgehou het was ‘n geweer.

Fikile Mbalula, die adjunk-minister van polisie, het Donderdag in ‘n toespraak gesê dat dit onvermydelik is dat burgerlikes in die kruisvuur tussen die polisie en kriminele sal sterf.

“In hierdie spesifieke situasie, waar jy in ‘n geveg met kriminele betrokke is, gaan onskuldige mense doodgaan. Nie met opset nie, maar in die kruisvuur. Hulle gaan aan die verkeerde kant gevang word, dit is onvermydelik,” het Mbalula aan verslaggewers in die parlement gesê.

Zuma het gesê dat die opmerkings wat deur regeringsleiers gemaak is “geensins ‘n instruksie is om van die reg af te wyk nie.”

“Opmerkings wat ek en ander regeringsleiers gemaak het aangaande die noodsaaklikheid om die omstandighede waaronder die polisie mag skiet uit te klaar, is geensins ‘n instruksie om van die reg af te wyk nie,” het Zuma gesê.

- Sapa




 

Lees meer oor: jacob zuma  |  polisie

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... As sy seun vir die onder dertien spannetjie gespeel het dan was die pa sekerlik nie te oud nie, tragies. Sterkte aan die familie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 FSi Sportline
2006
R 185,400.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Quattro
2008
R 279,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2003
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.