Albertina Sisulu langs haar Walter ter ruste gelê

2011-06-11 15:54
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Albertina Sisulu het Saterdag haar finale reis na die Coerus-begraafplaas in Johannesburg gemaak, waar sy langs haar man, Walter, ter ruste gelê is.

Die kis is deur lede van die nasionale weermag na die begraafplaas geneem, en 'n erewag het gereed gestaan om Sisulu 'n militêre afskeid te gee.

Familie en besoekers uit die buiteland het in 'n wit tent langs die graf gesit. Ruikers wit en pienk rose het om die graf gestaan, en die Suid-Afrikaanse vlag wat oor die kis gedrapeer is, is verwyder voor die kis laat sak is.

Emosionele familielede het ná die tyd 'n geleentheid vir 'n laaste eerbetoon gehad, met sommige wat rose in die graf gegooi het.

Verskeie regeringsamptenare het die seremonie bygewoon, insluitend Max Sisulu, speaker in die parlement, en sy dogter, Lindiwe Sisulu, die minister van verdediging.

Pres. Jacob Zuma en sy vrou, Nompumelelo Ntuli, adjunkpres. Kgalema Motlanthe, Winnie Madikizela-Mandela en die president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, het ook die begrafnis bygewoon.

Zuma het vroeër Saterdag by die Orlando-stadion in Soweto gesê Sisulu se naam is sinoniem met die stryd vir vryheid, geregtigheid, menseregte en menslike waardigheid.

“Ons lê vandag 'n steunpilaar en moeder van die nasie ter ruste, wat die durf en moed gehad het om koloniale onderdrukking en apartheid te beveg, met medelye vir die armes en diegene wat onderdruk is,” het Zuma gesê.

Sisulu is verlede Donderdag in die ouderdom van 92 oorlede terwyl sy by haar huis gesit en televisie kyk het.

- Volg Nuus24 op Twitter.

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... As sy seun vir die onder dertien spannetjie gespeel het dan was die pa sekerlik nie te oud nie, tragies. Sterkte aan die familie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 FSi Sportline
2006
R 185,400.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Quattro
2008
R 279,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2003
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.