Zuma: Maatskaplike toelae moet end kry
2011-11-23 21:05
Kaapstad – Die regering kan nie aanhou maatskaplike toelae uitbetaal aan mense wat nié bejaard of fisiek gestremd is nie.
Zuma het by ‘n vraag-en-antwoord-sessie vir
sake in Kaapstad gesê dat in plaas daarvan dat Suid-Afrikaners se belastinggeld
gebruik word om armes te voer, dit vir die ontwikkeling van die land aangewend
moet word.
“Ons kan nie ‘n maatskaplike staat wees nie,”
het Zuma gesê.
“Ons kan ons nie in ‘n situasie bevind waar
maatskaplike toelae vermeerder en dink dat dit vir ewig so kan aangaan nie,”
het hy gesê.
Hy het bygevoeg dat die land vir die foute van
die verlede betaal.
“Baie mense is benadeel deur die
totstandkoming van ‘n samelewing waar daar nié gelyke geleenthede is nie.
“Hierdeur het die opvoedkunde die meeste gely.
“Ons het behoeftige mense wat absoluut geen
vaardighede het nie,” het Zuma gesê.
Suid-Afrika moet programme ontwikkel sodat ‘n
stadium kan bereik waar diegene wat maatskaplike toelae ontvang en diegene wat
belasting betaal, uitbalanseer.
“Laat ons die mense opvoed, sodat daar nie
mense is wat hulpeloos is nie,” het hy gesê.
Volgens die nasionale tesourie spandeer die
regering 10.9% van sy totale begroting aan maatskaplike toelae.
Sowat 15 miljoen Suid-Afrikaners word so
onderhou.
Die tesourie het bereken dat die
regering teen 2014 sowat R182 miljard op maatskaplike toelae sal spandeer.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA