Zuma: Gratis onderwys noodsaaklik
2010-09-08 08:29
Kaapstad – President Jacob Zuma het ‘n beroep gedoen op die departement van onderwys om die implementering van gratis onderwys vir alle leerders van publieke skole te versnel, is Dinsdag berig.
Zuma het in Nelspruit, Mpumalanga gepraat as deel van die ANC se werwingsveldtog.
Hy het onderneem om persoonlik leiding te neem om te verseker dat onderwys so spoedig moontlik gratis aangebied word.
“Terwyl onderwys in ander plekke as vanselfsprekend geneem word, is daar mense wat verskriklik baie sukkel. Dit is omdat daar mense is wat nie die geld het om hul kinders skool toe te stuur nie, dus is die vraag na gratis onderwys ‘n kritieke een,” het Zuma gesê.
Elke kind het die reg tot onderwys, het hy bygevoeg.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA