Zuma: G20 moet arm lande help
2011-11-04 23:03
Johannesburg – Alle G20-lande moet help om die negatiewe
effekte van die wêreldwye finansiële krisis op arm en ontwikkelende lande te
verminder.
“Ons is besorgd dat die verlangsaming in die
groei van die wêreld ekonomie handel, groei en werkskepping in Afrika
affekteer,” het Zuma by die G20-beraad in Frankryk gesê.
Vroeë vandeesweek het Zuma gesê wêreldmarkte moet oopgemaak
word om die herstel van die wêreld ekonomie te bevorder.
Slegs as lae-inkomste lande mag deelneem aan
wêreldhandel kan dié lande groei en armoede teenwerk.
Zuma het ook gesê die werkloosheidsyfer wat van 25.7% na 25% gedaal het, is bewyse dat Suid-Afrika iets reg
doen.
Die president het gesê dat
ontwikkelingsprioriteite op die beraad se agenda betekenisvol is.
“Die toewyding om die huidige ekonomiese
krisis die hoof te bied en om die ongebalanseerdheid in die wêreld se ekonomie
te verminder, is bemoedigend,” het Zuma gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA