Zuma: FW was ’n ‘verkrampte’ minister

2010-02-17 09:50
Tweets Share Share line Print

Rajaa Azzakani

Kaapstad - Oudpres. F.W. de Klerk moenie volle krediet kry vir die onderhandelings wat gelei het tot oudpres. Nelson Mandela se vrylating nie, omdat hy bloot ’n “verkrampte” minister was toe sy voorganger die proses begin het.

Pres. Jacob Zuma het Dinsdag in repliek op sy staatsrede beklemtoon dit was slegs toe oudpres. P.W. Botha deur ’n beroerte “platgeslaan is” dat De Klerk op die toneel verskyn het.

De Klerk het toe eers begin met geheime samesprekings met die ANC, wat 20 jaar gelede tot Mandela se vrylating en die ontbanning van die ANC en ander bevrydingsorganisasies gelei het.

Zuma het onlangs die wenkbroue laat lig toe hy op ’n ANC-vergadering in die Paarl gesê het dit was nie De Klerk se politieke visie wat tot Mandela se vrylating gelei het nie, maardie gewapende stryd.

Dit kom nadat Zuma erg onder kritiek deurgeloop het oor hy Botha in sy staatsrede tot “held-status” verhef het. Zuma het toe gesê dit was Botha wat die samesprekings oor die moontlike vrylating van politieke gevangenes begin het. Die president het Donderdag terselfdertyd hulde gebring aan De Klerk wat groot moed en deurslaggewende leierskap getoon het.

Zuma het gister gesê met sy verwysing na Botha, De Klerk en Kobie Coetzee, destydse minister van justisie, het hy nie bedoel om iets weg te neem van die oorwinning van die bevrydingsbeweging nie.

“Deur die feite te stel, beteken nie dat ons helde van hulle maak nie. Ons kan egter ook nie sê sekere apartheidsera-leiers is beter as ander nie. Die helde van Mandela se vrylating was die massas van ons mense wat die land onregeerbaar en apartheid onwerkbaar gemaak het.”

- Die Burger

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Callie sê... Hy moet 'n houvas hê, nie net op die ANC nie, maar ook op Zuma persoonlik, anders sal hulle hom nie so met handskoentjies hanteer nie. Intussen kry hy nog sy vet salaris net soos Cele en vantevore regter John Hlope. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.