Zuma: Baie planne, min aksie
2010-05-10 16:40
Ná die eerste jaar van pres. Jacob Zuma se bewind het sake vir die landbousektor nie juis verander nie, sê Graan SA en Agri SA.
“Ondanks positiewe uitsprake deur Tina Joemat-Pettersson, die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, dink ek nie ons is verder met die landbou as wat dit ‘n jaar gelede die geval was nie”, sê Neels Ferreira, voorsitter van Graan SA, ná pres. Jacob Zuma se eerste jaar aan bewind.
Ferreira meen die skeiding van die landbou- en grondsake-ministeries was ‘n goeie stap. “Die teenstrydige beleidsuitsprake oor grondhervorming, wat die ministerie van grondsake die afgelope paar maande gemaak het, het die georganiseerde landbou egter nadelig geraak”.
Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, sê ook dat dié skeiding ‘n goeie stap was. “Dit was baie moeilik om vroeër met dieselfde minister oor die twee sake te praat, want oor sekere sake sou ons saamstem terwyl daar groot verskille en gevegte oor ander sake was. Ek meen daar is ook meer aanvaarbare en toeganklike ministers in die poste aangestel.”
Soek intelligente besluit
Möller sê die grondsake-uitsprake was onverantwoordelik.
Hy sê ook indine die Regering sou besluit om die vryemarkstelsel af te skaf, dit nie ‘n intelligente besluit ten opsigte van internasionale mededinging sal wees nie.
Lees meer op landbou.com.