Zim-politikus skiet vrou, self
2011-11-22 17:48
Johannesburg – Die Zimbabwiese politikus Justine Chiota het sy vrou na bewering doodgeskiet voordat hy selfmoord gepleeg het by sy huis in Morningside, Johannesburg, het Eyewitness News Dinsdag berig.
In 2008 het Chiota, 'n stigterslid van Zimbabwe se People's party, koerantvoorblaaie in Suid-Afrika gehaal toe dit aan die lig gekom het dat hy 'n luukse, swart motor bestuur wat met die president se kantoor verbind word.
Die polisie in Gauteng het gesê Chiota se vervreemde vrou het Dinsdagoggend by sy woning in East-straat aangekom.
Sy is deur die polisie vergesel om 'n beskermingsbevel aan hom te oorhandig.
Polisiewoordvoerder Lungelo Dlamini het gesê Chiota het losgetrek en begin skiet voordat hy die geweer op homself gerig het.
Dlamini het gesê die vrou is tans in 'n ernstige toestand in die hospitaal nadat sy deur 'n koeël in haar bolyf getref is.
Volg Nuus24 op Twitter.
– EyewitnessNews