‘Zim ‘n goeie voorbeeld vir SA’
2010-04-08 16:49
Johannesburg – Zimbabwe sal eendag ‘n “goeie voorbeeld wees van swart ekonomiese bemagtiging” vir Suid-Afrika, het ‘n artikel in dié land se Herald Online Donderdag gelees.
“Wysheid moes die wit gemeenskap in Suid-Afrika oortuig het dat hulle met die Suid-Afrikaanse regering moet saamwerk om die ongelykhede in die land aan te spreek,” het in die artikel gestaan.
“Suid-Afrikaners gaan begin om te vat wat geregtiglik hulle s’n is as hulle geen vordering in die grondhervormingsproses sien nie.”
Volgens die skrywer van die artikel begin Zimbabwe se grondhervormingsproses nou vrugte af te werp.
“Die groot bedrae geld wat tabak-boere vanaf veilings ontvang is besig om hulle lewens te verander.”
Zimbabwe is gesien as die “slegte appel”, wat gelei word deur ‘n “kriminele leier” omdat dit dié land verskeie historiese, sosiale en ekonomiese onregverdighede van die afgelope 100 moes oorkom.
Die skrywer het dit hartseer gevind dat die leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, se uitsprake oor die regverdige verspreiding van rykdom nie ernstig opgeneem word nie.
“Die wit Suid-Afrikaners maak asof Malema mal is. Maar sy frustrasie word gedeel deur verskeie ander regoor Suid-Afrika.”
-Sapa