Zim-man vas vir verkragting
2011-02-16 18:00
Johannesburg – ‘n 24-jarige man van Zimbabwe is in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ‘n sesjarige meisie, het die polisie in Tembisa Woensdag bekend gemaak.
“Die gemeenskap in Ivorypark het die verdagte aangeval nadat die kind hom uitgewys het as die skuldige,” het ao. Neldah Hlase, polisiewoordvoerder, gesê.
Na bewering het die man die kind na sy huis gelok en haar daarna verkrag. Hy het die slagoffer glo met die dood gedreig sou sy enigiets oor die voorval sê.
Die verdagte is in Tembisa-hospitaal opgeneem vir verdere mediese behandeling en sal binnekort in die landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA