Man van Zim in Polokwane gestenig
2011-06-14 10:58
Limpopo – 'n Zimbabwiese man is gestenig deur inwoners in Seshego in die noordweste van Polokwane, Limpopo, het die polisie Dinsdag gesê.
"Die bewerings wat teen buitelanders gemaak word, is dat hulle betrokke is by kriminele aktiwiteite. 'n Groep mense het hulle intimideer," het brig. Hangwani Mulaudzi gesê.
"Ongelukkig is 'n Zimbabwiese burger deur die groep mense gestenig. Ander slagoffers se huise is gevandaliseer en hul besittings uit die huise gegooi."
Die man is Maandagaand omstreeks 19:00 in Section 75 gestenig.
Mulaudzi het gesê daar is "groepe" wat buitelanders intimideer.
Die polisie se onluste-eenheid van Polokwane kon daarin slaag om meeste van die groepe uiteen te jaag en is steeds op 'n hoë gereedheidsgrondslag in die gebied.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA