Zim-bestuurder in kaping geskiet
2009-12-08 08:48
Johannesburg - ‘n Vragmotorbestuurder van Zimbabwe is doodgeskiet in ‘n kapingsaanval op die M13 naby Assegai in KwaZulu-Natal, het paramedici gesê.
Jeff Wicks, woordvoerder vir Netcare 911, het gesê die vragmotor was gelaai met motors vir uitvoer na Zimbabwe.
“’n Wit Toyota Corolla en ‘n silwer Honda met blou ligte het langs die pad op die bestuurder gewag. Die man het vermoedelik sy vragmotor van die pad getrek en die aanvallers het hom genader,” het Wicks gesê.
“’n Enkele geweerskoot het die deur van die vragmotor getref en die bestuurder noodlottig in die bors gewond. Hy het op die toneel gesterf.”
Die aanvallers het die vragmotor net so met sy vrag agtergelaat.
- Sapa