Zille wil met Zuma vergader oor inligtingswet
2011-11-24 23:00
Kaapstad – Helen Zille, leier van die Demokratiese Alliansie (DA), het 'n brief aan pres. Jacob Zuma geskryf waarin sy 'n vergadering versoek om die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting te bespreek.
Zille en haar span het Donderdag in die parlement vergader.
Sy het gesê hulle beplan om harder te veg om te verhoed dat die inligtingswet bekragtig word.
Zille het gesê sy wil met Zuma vergader sodat hy weet wat presies op die spel is wanneer die wetsontwerp op sy tafel beland.
Lindiwe Mazibuko, parlementêre leier van die DA, het gesê terwyl hulle op die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) dien, sal sy aanhou druk uitoefen op die opposisie en ANC-LP's in die Nasionale Vergadering om 'n een derde minderheid te bereik.
Dít sal dalk veroorsaak dat die wetsontwerp na die konstitusionele hof verwys word voor dit deur die president onderteken word.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter