Zille verklaar oorlog teen inligtingswet
2010-08-05 16:07
Wes-Kaap – Joernaliste moet nie geïntimideer word wanneer hulle inligting van fluitjieblasers te aanvaar nie, het Helen Zille, DA-leier, Donderdag gesê.
Zille het by ‘n mediakonferensie in Kaapstad gepraat oor haar party se “strydplan” teen die Wet op die Beskerming van Inligting.
Sy het gesê voorvalle soos die inhegtenisneming van die Sunday Times-joernalis, Mzilikazi wa Afrika kan ‘n “demper plaas” op joernaliste se gees om inligting te aanvaar.
“As iets gebeur soos wat met Mzilikazi wa Afrika gebeur het, skrik joernaliste,” het Zille gesê.
“Dit kan ‘n groot demper plaas op ‘n joernalis wat inligting van ‘n fluitjieblaser ontvang.”
“Die belangrike ding is om nie geïntimideer te raak nie.
Zille het gesê die voorgestelde wat, wat aan die apartheid-era herinner hou die “grootste bedreiging" vir Suid-Afrika se wetgewing sedert 1994 in.
“Net soos onder apartheid, sal dié wet die regering toelaat om nasionale belang aan te roep om magmisbruik toe te smeer,” het sy gesê.
“Dokumente wat bewyse van korrupsie, wanadministrasie of slinkse ooreenkomste gaan waarskynlik in "nasionale belang" ingedeel word.”
Zille het gesê die wet sal ‘n “verwoestende impak” op mediavryheid hê.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA