Zille vaar uit oor aanval op Mandela

2010-03-10 07:33
Tweets Share Share line Print

Philda essop

Kaapstad - As Winnie Madikizela-Mandela aan die stuur van sake in Suid-Afrika was, sou die land nou nog in ’n burgeroorlog vasgevang gewees het.

Só het Helen Zille, DA-­leier, gister reageer op die siedende aanval wat Madikizela-Mandela in ’n Londense koerant op oudpres. Nelson Mandela gedoen het.

Zille het gesê dié uitsprake van Madikizela-Mandela is ’n bewys van wat Suid-Afrika in Mandela en oudpres. F.W. de Klerk het.

“Dit is ’n bewys van hoe anders dinge kon gewees het. As Winnie die septer geswaai het, sou ons nou nog in ’n burgeroorlog betrokke gewees het.

“Nou sien ons watter moed dit geverg het vir Mandela om nasiebou en versoening na te streef. As mense soos sy hul strategieë sou volg, sou daar net ’n verskroeide aarde gewees het. Daar sou niks oor gewees het nie, laat staan enige vordering, hetsy behuisingsprojekte .?.?. (of) die Wêreldbeker-sokkertoernooi. Daar sou net agteruitgang gewees het – baie erger as Zimbabwe.”

Ismail Mnisi, ANC-woordvoerder, het gister gesê die party het nog nie met Madikizela-Mandela gepraat oor die kommentaar wat in die onderhoud aan haar toegedig is nie.

“Sy is tans in Amerika en tot sy terugkeer na Suid-Afrika, sal die ANC nie reageer nie. Dit sal voortydig wees om kommentaar te lewer.”

’n Woordvoerder van die Nelson Mandela-stigting kon ook nie gister, ten spyte van herhaalde probeerslae en insluitend ’n e-pos-navraag, vir kommentaar bereik word nie. 

-Die Burger

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Deon sê... Stortkop- jy en jou ANC is verantwoordelik vir die elektrisiteit gemors en niemand anders nie. Nou wil jy van voorstelle kom praat nadat julle ons klaar deur die ore gewerk het, noudat jy nie jou beloftes van werkskepping kan nakom nie - ek het 'n voorgevoel hier kom 'n groot verskoning "ons kon nie werk skep nie want Eksdom het nie die kapasiteit om genoeg elektrisiteit te voorsien nie" - ja en wie moet die gelag betaal? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bfn: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB220 LE D-Cab
2004
R 89,990.00

TOYOTA

Corolla 2.0 D-4D Exclusive Dsl MY10
2011
R 221,900.00

ISUZU

KB300 TDi LWB LX Dsl MY04
2007
R 212,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.