'Zille sou terugstaan vir Manuel'

2011-09-05 08:11
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Helen Zille, DA-leier, was in 2010 bereid om ten gunste van Trevor Manuel, minister in die presidensie, terug te staan as hy by die DA sou aansluit, maar hy het nie op die DA se toenadering gereageer nie.

Zille het Sondag met Die Burger gesels nadat Athol Trollip, die DA se parlementêre leier, daaroor uitgepraat het teenoor Donald Gips, Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, en die inligting daaroor in ’n vertroulike kabel aan die Amerikaanse regering versend is.

Media24 se ondersoekspan is in besit van die diplomatieke kabel, wat aan WikiLeaks gelek is en waarin besonderhede bekend gemaak word van gesprekke tussen Gips, ander Amerikaanse diplomate en Trollip.

Trollip het in Februarie 2010 aan Gips gesê “hy glo Manuel – die skerpste brein in die ANC – is ongelukkig in die ANC en het genoem dat Helen Zille, die huidige DA-leier, vir Manuel die partyleierskap sal gee as hy sou besluit om die skip te verlaat”, luidens die kabel.

Trollip het Vrydag gesê sy uitsprake, “met wie ook al ek gepraat het”, moet as ’n “metaforiese voorbeeld” beskou word.

Hy het ontken dat daar enige regstreekse gesprekke tussen DA-leiers en Manuel was.

“Ons as die DA is baie ernstig om ’n alternatiewe leierskorps tot die ANC te wees. Ons leierskorps is dus nie in klip gegiet nie. Ek kon net sowel (adj.pres.) Kgalema Mo­tlan­the se naam ook genoem het.”

Zille het Sondag gesê die DA probeer deurgaans kontak maak met belowende mense wat die opposisie teen die ANC se vergrype kan versterk, en dat sulke kontak uiteraard vertroulik moet wees weens die sensitiewe aard daarvan.

“Dit is versigtige en dikwels langdurige kontak, wat soms slaag. Dit het byvoorbeeld vier jaar geduur om ’n uitstekende leier soos Patricia de Lille aan boord te kry, en kyk hoe sterk is haar bydrae nou.

“Politieke grense is nie altyd presies dieselfde as partygrense nie. Verskille loop dikwels in partye, en om te groei moet diegene met dieselfde oortuigings byeengebring word om buite die tradisionele grense saam te werk.

“Ek het al dikwels gesê ek sal terugstaan as daar iemand is wat die DA vinniger kan laat groei as ek. Wie dit kan wees, berus egter by DA-lede, nie by my nie.”

Dumisa Jele, Manuel se kantoorhoof, het gesê: “Die minister (Manuel) het geen kommentaar nie.”

Die Amerikaanse regering reageer nie op WikiLeaks-gelekte boodskappe nie.

Daniel Silke, ’n politieke kommentator, het gesê daar moet omsigtig met Wiki­Leaks-kabels omgegaan word en die konteks van gesprekke moet in ag geneem word.

Hy meen dat groei in die DA waarskynlik eerder deur ’n toekomstige breuk in die ANC, wat jare kan duur, aangevuur sal word. 

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Callie sê... Hy moet 'n houvas hê, nie net op die ANC nie, maar ook op Zuma persoonlik, anders sal hulle hom nie so met handskoentjies hanteer nie. Intussen kry hy nog sy vet salaris net soos Cele en vantevore regter John Hlope. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.