Zille 'sal bedank as daar korrupsie was'

2011-08-15 08:05
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Sy sal bedank indien daar korrupsie was, het Helen Zille, Wes-Kaapse premier, Sondag gesê oor bewerings van onreëlmatige tenderprosesse in die provinsiale regering.

Die Sunday Times het Sondag berig die premier se kantoor het glo ’n tender vir kommunikasiedienste aan al die provinsiale regeringsdepartemente wat glo sowat R1 miljard oor twee jaar beloop, toegeken sonder dat behoorlike prosedures gevolg is.

Zille het dit Sondag in ’n verklaring ontken en gesê sy “is vol vertroue die bodproses was deursigtig, regverdig en koste-doeltreffend”.

“Desnieteenstaande het ek die direkteur-generaal opdrag gegee om die ouditeur-generaal te versoek om ’n oudit van die tender-proses te doen.”

Daar word berig ’n interne dokument van die provinsiale tesourie het aangedui die tender-toekenning aan die betrokke maatskappy het gewys op “’n gebrek aan kontrolemaatreëls en beginsels van goeie regering”.

Die tender, glo vir kommunikasie-dienste in die departement van die premier, is eers vir R1,5miljoen in November verlede jaar toegeken en glo in Junie vanjaar weer aan dieselfde maatskappy toegeken – hierdie keer vir dienste aan al die provinsiale regeringsdepartemente.

Zille het Sondag in ’n verklaring gesê die R1 miljard wat die twee jaar-tender glo beloop, is ’n versinsel aangesien die geraamde begroting vir kommunikasie in die Wes-Kaapse regering tussen R50 miljoen en R70 miljoen per jaar is.

Sy het voorts gesê daar word nie verwys na die amptelike omsendbrief van die provinsiale tesourie wat sê die verkrygingsprosesse van die departement van die premier is nagegaan en sekere onreëlmatighede is gevind, maar dit is nie ernstig nie.

“Die Wes-Kaapse regering het niks om weg te steek nie.”

Cosatu het gesê hy gaan die Openbare Beskermer hieroor nader.

Tony Ehrenreich, provinsiale sekretaris, het gesê “dit lyk asof die premier ’n politieke verklaring gemaak het vir die tender om voort te gaan”.

“Die premier moet verantwoordelikheid aanvaar en die tender stop terwyl die kwessie ondersoek word.

“Dit wys hoe daar op gesofistikeerde manier skelm is eerder as die blatante skelmstreke waaraan ons gewoond is.”

Ehrenreich het ook bevraagteken hoekom miljoene rande belastingbetalersgeld gebruik word net “om die provinsiale regering te laat goed lyk terwyl armes ly”.

Alta van Zyl, Cope-LPP, het gesê die bewerings is skokkend.

Die ANC het ook aangedui hy gaan die kwessie ondersoek en hou vandag ’n nuuskonferensie oor sy plan van aksie.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: helen zille  |  politiek  |  korrupsie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Callie sê... Hy moet 'n houvas hê, nie net op die ANC nie, maar ook op Zuma persoonlik, anders sal hulle hom nie so met handskoentjies hanteer nie. Intussen kry hy nog sy vet salaris net soos Cele en vantevore regter John Hlope. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.