Zille pak skuld vir tenderprobleme op ANC

2011-08-21 08:45
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Helen Zille, die Wes-Kaapse premier, het Donderdag in die provinsiale wetgewer die probleme verwant aan tenderprosedures voor die deur van die nasionale ANC-regering gelê.

Zille se regering in die Wes-Kaap en veral Ryan Coetzee, haar spesiale raadgewer, het dié week onder skoot gekom ná ’n berig in die Sunday Times verlede week wat te kenne gee dat daar ongerymdhede met ’n tender vir kommunikasiedienste was.

Sy het Donderdag gesê die voorgeskrewe tenderproses van die regerende party in die land is ingewikkeld, met talle stappe in die proses wat dikwels probleme uitlig. Dan moet ’n proses opnuut aangepak word, soos in die geval van die provinsie se kommunikasietender.

“Ons (die Wes-Kaapse DA-regering) wil nuwe wetgewing bekend stel wat dieselfde doelwit het, maar die proses eenvoudiger sal maak sodat ons nie deur ’n oerwoud van regulasies moet strompel nie.”

Sy het toe haar visier op die opposisiebanke van die ANC gerig: “Op die oomblik voldoen ons aan die vereistes, andersins sou ons nie skoon oudits gehad het nie... Ons gaan die tenderproses verander sodat dit nie drie jaar neem om ’n kommunikasietender deur te voer nie.”

Zille het deur die loop van die week die Sunday Times daarvan beskuldig dat hy ’n opgedisde storie vir soetkoek opgeëet het.

Die koerant hou by sy beriggewing.

Die Sondagkoerant het beweer ’n tender om die provinsiale regering se handelsnaam te ontwikkel en te bemark is aan TBWA/Hunt Lascaris toegestaan, wat oor twee jaar meer as R1 miljard sou beloop, terwyl die aanvanklike tender vir R1,5 miljoen was.

Volgens Zille word die bedrag eerder geraam op tussen R50 miljoen en R70 miljoen wat strek oor al die departemente.
Die agentskap se verdienste teen 18% sal tussen R9 miljoen en R12 miljoen wees.

Lynne Brown, ANC-leier in die wetgewer, het Donderdag op ’n nuuskonferensie gesê dié antwoord is steeds nie goed genoeg nie.

“As dit die geval is, waarom al die geheimhouding? Tussen R50 miljoen en R70 miljoen is te vaag. Daar is ’n verskil van R20 miljoen en dit is baie geld! Hoeveel huise kan jy nie daarmee bou nie?”

Die ANC het intussen Coetzee se kop geëis ingevolge bepalings van die Staatsdienswet dat spesiale raadgewers nie met departementshoofde of senior bestuur mag raadpleeg nie, slegs met die uitvoerende gesag wat hulle dien.

Coetzee was ’n senior lid van die beoordelingskomitee van die tender. Die aanname is dat Coetzee met dié tenderproses ingemeng het by departemente se besluitneming oor of hulle die bod steun.

Die ANC het die openbare beskermer gevra om ondersoek in te stel.

Zille het ook die ouditeur-generaal gevra om die saak te ondersoek en aangebied om te bedank sou bedrog gevind word.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: politiek  |  skandale

Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Callie sê... Hy moet 'n houvas hê, nie net op die ANC nie, maar ook op Zuma persoonlik, anders sal hulle hom nie so met handskoentjies hanteer nie. Intussen kry hy nog sy vet salaris net soos Cele en vantevore regter John Hlope. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.