Zille laat water loop oor DA-akker

2011-06-27 07:08
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Sy gaan nie inmeng by die skynbare stryd om die parlementêre leierskap wat in die DA woed nie.

Só het Helen Zille, DA-leier, gister gesê nadat die wedywering om dié posisie glo Donderdag op dié party se koukusvergadering ter sprake gekom het.

Die party kies in November ’n nuwe parlementêre leier, maar drie name word reeds genoem as aanspraakmakers op dié pos.

Onder hulle is Lindiwe Mazibuko, nasionale woordvoerder, Athol Trollip, nou die parlementêre leier, en dr. Wilmot James, nasionale voorsitter.

Ingevolge ’n koukusreël moet die DA ’n nuwe parlementêre leier in die helfte van die party se vyfjaar-termyn kies.

Trollip het luidens ’n berig in die Sunday Times glo gevra vir ’n “blitskoukusverkiesing” om sy posisie te beveilig.

Dié idee is na berig word deur ’n ondersteuner van Mazibuko afgeskiet.

Mazibuko geniet glo ’n mate van steun onder haar kollegas om by Trollip oor te neem, terwyl ander meen sy is nog te onervare.

Sy was baie prominent in die munisipale verkiesing toe sy saam met Zille en Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, op verkiesingsplakkate gepryk het.

Zille het gister by navraag gesê sy gaan nie inmeng nie.

“Ek is heeltemal tevrede dat die DA diep demokratiese beginsels het en dat enige ontwikkelings demokraties en volwasse hanteer sal word.”

Trollip het gesê wat in die koukusvergaderings gebeur, “bly daar” omdat dit vertroulike byeenkomste is.

Hy glo nie daar is enige “ongemaklikheid” ten opsigte van die verkiesing nie.

“Soos enige verkiesing binne partyverband vind werwery plaas.

Party mense steun een kandidaat, terwyl ’n ander kandidaat aanklank vind by ander partylede.

Dit is so dat die temperatuur in so ’n verkiesing kan styg, maar ons is ’n demokratiese organisasie en respekteer die uitslag van verkiesings en die lewe gaan aan.”

Trollip meen sy kanse is goed om as parlementêre leier herkies te word, maar “geen benoemings is nog gemaak nie”.

– Volg nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: politiek  |  sa politiek  |  da

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Callie sê... Hy moet 'n houvas hê, nie net op die ANC nie, maar ook op Zuma persoonlik, anders sal hulle hom nie so met handskoentjies hanteer nie. Intussen kry hy nog sy vet salaris net soos Cele en vantevore regter John Hlope. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.