Zille kap LP oor Lindiwe

2011-10-31 08:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Helen Zille, DA-leier, het een van haar eie parlements­lede wat ’n rassistiese opmerking oor Lindiwe Mazibuko gemaak het behoorlik die kop gewas en hom van “Verwoerd-logika” beskuldig.

Sy het Masizole Mnqa­sela, DA-LP, ook daarvan beskuldig dat hy ’n gek van hom en die party gemaak het deur te sê Mazibuko is nie swart genoeg om die DA se parlementêre leier te word nie.

Mazibuko is Donderdag tot dié pos verkies.

Mnqasela het Mazibuko se aksent verlede week in ’n radio-onderhoud gekritiseer.

Hy het Mazibuko se benoeming “uiterlike vertoon” genoem en gesê as “iemand sy oë toemaak en na Mazibuko luister, sal jy sê dit ’n wit persoon wat met jou praat”.

Zille het Sondag in SA Today, die party se weeklikse aanlyn- nuusbrief, geskryf sulke rassisme het geen plek in Suid-Afrika nie, nog minder in die DA.

Mnqasela is ’n ondersteuner van Athol Trollip, die vorige parlementêre leier teen wie Mazibuko Donderdag in die koukusverkiesing te staan gekom het.

Zille het Mazibuko verdedig en gesê sy het nie een keer in haar verkiesingsveldtog gesê die koukus moet háár kies omdat sy swart is nie.

“Masizole het Athol ’n groot onguns bewys deur sulke Verwoerd-logika in die veldtog vir die parlementêre leierskap in te bring.”

Dié uitlatings is volgens Zille nie net ’n belediging vir Trollip se lang geskiedenis van nie-rassigheid en sy toegewyding aan die DA se waardes nie, maar dit blyk dat dit ’n bepalende rol in die veldtog gespeel het.

Mnqasela, LP van Guguletu, het Mazibuko én Zille tydens die veldtog in ’n lang verklaring in skerp taal aangeval.

Hy het in reaksie op Zille se kritiek gesê hy “het niks om terug te trek nie en staan by elke woord”.

“Verwoerd was die argitek van apartheid en het alles wat anti-wit was vernietig en dit as die vyand beskou.

Ek word nou as die vyand beskou. Ek het gedink almal sal ná die verkiesing verenig, maar in plaas daarvan voer die leier ’n skerp aanval op my en ander uit.

Ek hoop ons kan sit en dit bespreek. Die onverdraagsaamheid van verskillende menings is anti-DA.”

Zille het Mnqasela bygestaan toe hy vroeër vanjaar in die Wynbergse landdroshof op aanklag van verkragting tereggestaan het.

Hy is vrygespreek.
 
– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: helen zille  |  lindiwe mazibuko  |  politiek  |  da

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Callie sê... Hy moet 'n houvas hê, nie net op die ANC nie, maar ook op Zuma persoonlik, anders sal hulle hom nie so met handskoentjies hanteer nie. Intussen kry hy nog sy vet salaris net soos Cele en vantevore regter John Hlope. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.