Zille 'hartseer' oor inligtingswet
2011-11-22 10:35
Stellenbosch – Helen Zille, Wes-Kaapse premier en DA-leier, gaan deelneem aan Dinsdagoggend se opmars na die parlement om beswaar aan te teken teen die wetsontwerp op die beskerming van staatsinligting.
Sy sal ook Dinsdagmiddag in die Nasionale Vergadering se galery sit wanneer die stemming plaasvind.
“Dis ‘n hartseer dag. Elke parlementslid wat die groen knoppie druk om vir hierdie wetsontwerp te stem, wil 'n hoeksteen van ons demokrasie uitskop,” het sy voor die aanvang van ‘n ontbytgeleentheid van die Afrikaanse Handelsinstituut in Stellenbosch gesê.
Zille, wat volkome in swart geklee is Dinsdag, het gesê die DA sal die wetgewing op alle wettige maniere bly beveg.
– Wat dink jy oor dié omstrede wetsontwerp? Is daar rede tot kommer oor mediavryheid in Suid-Afrika? Stuur jou geskrewe bydrae na terugvoer@nuus24.com vir publikasie.
– Is jy by 'n Swart Dinsdag-betoging? Stuur jou foto's na fotos@nuus24.com.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Die Burger