Zille: Wes-Kaap se begroting te knap

2009-09-09 09:18
Tweets Share Share line Print

Rajaa Azzakani

Kaapstad - Vroeë aanduidings is dat die Wes-Kaapse regering sy begroting met byna R1 miljard kan oorskry.

Die regering is boonop “diep bekommerd” oor die impak van nasionale salaris- en beroepspesifieke vergoedingsooreenkomste (OSD-betalings).

Helen Zille, premier, het gister in ’n sitting in die provinsiale parlement gesê die regering is veral bekommerd dat die provinsie die koste van dié swaar las sal moet dra sonder die nodige bronne van inkomste.

“Ons moet mandate wat nie finansier is nie vermy,” het Zille aan LPW’s en lede van die Nasionale Raad van Provinsies gesê.

Sy het gesê die provinsie se begroting is uiters knap en dat die vroeë aanduidings toon die provinsie kan sy begroting met 3,4% van sy hoofbegroting oorbestee.

Ondanks dit is baie aandag die laaste nege maande geskenk aan voorbereiding van die 2009-’10-begroting om doeltreffende besteding te verbeter en om vermorsing en onbehoorlike uitgawes te verminder.

“Ons het reeds R430 miljoen van vanjaar se begroting gesny en ons het vir die eerste kwartaal binne ons teikens bestee.”

Zille het terselfdertyd die onderskeie provinsiale departemente se sleutelprioriteite uitgelig.

Die Wes-Kaapse departement van onderwys sal prestasiebestuur vir onderwysers, skoolhoofde en amptenare moet verbeter, terwyl ’n omkeerstrategie vir die provinsie se 74 disfunksionele skole ontwikkel en ingestel gaan word.

Meer geld gaan beskikbaar gestel word vir hospitale en klinieke en die totale begroting vir infrastruktuur gaan verhoog word.

Zille het gesê R18 miljoen gaan bygevoeg word tot die begroting van die departement van maatskaplike ontwikkeling om die diensvoorwaardes van maatskaplike werkers te verbeter.

’n Strategiese plan sal saamgestel en gefinaliseer word oor dwelmmisbruik.

“Geen ander provinsie staar die uitdagings in die gesig soos ons met dwelmmisbruik nie. Families word geskeur hierdeur en die langtermyn-implikasies is baie erg. Ons moet ’n manier vind om saam te werk om dit aan te spreek.”

Gevolglik sal dit dus ook een van die departement van gemeenskapsveiligheid se hoogste prioriteite wees om dwelmhandelaars aan te keer.

Die provinsiale regering kyk ook na ’n nuwe sagteware-stelsel.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: helen zille  |  wes-kaap  |  politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Callie sê... Hy moet 'n houvas hê, nie net op die ANC nie, maar ook op Zuma persoonlik, anders sal hulle hom nie so met handskoentjies hanteer nie. Intussen kry hy nog sy vet salaris net soos Cele en vantevore regter John Hlope. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.