Zille: Stelsel moet matrieks help slaag
2011-01-12 15:45
Kaapstad – Die premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, sê Suid-Afrika se onderwysstelsel moet eerder daarop fokus om meer leerders te help om matriek te slaag as wat gekyk word na verbeterde persentasie-slaagsyfer.
Zille het by haar ampswoning, Leeuwenhof in Kaapstad, gepraat, waar sy die provinsie se topmatrikulante vereer het.
Sy sê 'n persentasie-verhoging in die slaagsyfer kan misleidend wees as daar minder leerders is wat eksamen skryf.
Volgens Zille moet die regering onderwys vanaf Graad R vir almal toeganklik maak en verseker dat elkeen matriek suksesvol slaag.
Die matriekslaagsyfer in die Wes-Kaap is 76,8%, wat 1% meer is as verlede jaar.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter