Zille: Seksuele praktyke moet verander
2011-11-20 22:01
Johannesburg – Suid-Afrikaners moet hul seksuele praktyke verander en verantwoordelikheid aanvaar deur die verspreiding van MIV die voorkom, het die leier van die DA, Helen Zille, Sondag gesê.
“Ons moet begin deur die pre-moderne neiging, dat onbeskermde seks met verskeie seksuele maats ‘n kulturele reg is. Dit is nie,” het Zille in ‘n verklaring gesê.
Zille het aangvoer dat hierdie seksuele praktyke “sosiale vernietiging” veroorsaak.
“Dit dryf die tempo van tiener swangerskappe, vererger armoede, versprei siektes, vernietig families, lei tot ongewenste en verwaarloosde kinders.”
“Dit is hierdie houding wat so baie vroue en mans onder ‘n risiko plaas. Dit is hierdie houding wat Suid-Afrika elke jaar miljarde rande kos. En dit is hierdie houding wat moet verander,” het sy gesê.
Zille meen dat Suid-Afrika meer verandtwoordelikheid op individue moet plaas, eerder as om op die verspreiding van kondome en gratis behandeling te fokus.”
“Ek glo ook dat dit regverdig is om van almal te verwag om ‘n gereelde MIV-toets (gratis) te neem en om verantwoordelikheid te aanvaar en nie ander ‘n risiko te laat loop nie.”
Zille het gesê dat diegene wat nie hierdie verantwoordelikheid aanvaar nie “gereed moet wees om kriminele aanklagte in die gesig te staar.”
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA