Zille, De Lille gekap oor onwettige borde

2011-11-20 10:56
Tweets Share Share line Print

Die reklamebord onder in Kloofnekpad in Kaapstad. Daar is vyf skole in die gebied.| Foto: Sharief Jaffer

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad – Die gort is gaar oor twee onwettige, uitlokkende reklameborde in Kaapstad.

Midde-in die twis oor die mansklub Mavericks se advertensies is Helen ­Zille, Wes-Kaapse premier, en Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad.

Mavericks skoei sy reklameveldtog op ’n parfuum wat mans ’n alibi gee dat hulle “laat gewerk het”, terwyl hulle eintlik die geselskap van sexy en feitlik kaal nagklubdansers opgesoek het.

Een reklamebord is op die N1 aangebring (die hoofaar na die stad) en die ander in Kloofnekpad wat die stad met Kampsbaai verbind.

Zille het Woensdagaand op die kritiek teruggetweet die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde ondersoek die saak.

De Lille se kantoor het gesê die onwettige oprigting is onder die aandag van die advertensiemaatskappy (in diens van Mavericks) gebring.

Die Stad Kaapstad sê die reklameborde is onwettig omdat dit sonder toestemming opgerig is, maar dit kan nie afgehaal word sonder om ’n regsproses te volg nie.

Errol Naidoo, direkteur van die Instituut vir Gesinsbeleid, het Saterdag gesê dis twak.

“Die kennisgewingbord is onwettig opgerig én die inhoud daarvan is ’n vergryp van vroue- en kinderregte ingevolge wetgewing oor rolprente en publikasies.

“Wat keer hulle om dit af te haal?” wou hy weet.

Die reklamebord-twis het gelei tot aantygings van skynheiligheid teen Zille. Dit kom ná haar opmerkings verlede week op ’n Wes-Kaapse gesondheidsberaad dat MIV-positiewe mense wat wetende veelvuldige seksmaats het, van moord aangekla moet word.

Zille is aangevat hieroor deur Nathan Geffen en Gavin ­Silber, vigsaktiviste, asook Paul Berkowitz (ekonoom) en prof. Pierre de Vos (grondwetkenner).

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Callie sê... Hy moet 'n houvas hê, nie net op die ANC nie, maar ook op Zuma persoonlik, anders sal hulle hom nie so met handskoentjies hanteer nie. Intussen kry hy nog sy vet salaris net soos Cele en vantevore regter John Hlope. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.