Zenani se begrafnis oop vir publiek
2010-06-17 05:20
Johannesburg - Die begrafnis van oudpres. Nelson Mandela se agterkleinkind, Zenani Mandela, sal Donderdag in Johannesburg vir die publiek oopgestel word, het die Nelson Mandela-stigting gesê.
Zenani het twee dae ná haar 13de verjaardag in 'n motorongeluk gesterf. Sy was op pad huis toe ná die afskopkonsert van die Wêreldbeker-sokkertoernooi.
Die begrafnisdiens sal om 10:00 by die kapel van haar voormalige skool, St. Stithians College in Sandton plaasvind.
Volgens Sello Hatang, 'n woordvoerder van die stigting, sal die familie in die kapel geakkomodeer word, terwyl markiestente buite opgesit gaan word.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA