Zapiro met die dood gedreig
2010-05-22 10:29
Kaapstad – Die koerant Mail & Guardian het Vrydag gesê dat hulle talle oproepe ontvang het oor die spotprent wat die satiriese spotprentkunstenaar Jonathan Shapiro, ook bekend as Zapiro, oor die profeet Mohammed geteken het.
Volgens die koerant het hulle selfs oproepe ontvang wat die spotprentkunstenaar met die dood dreig, berig Saturday Argus.
Die spotprent is ‘n tekening van die profeet Mohammed wat op ‘n bank lê en met sy sielkundige gesels. Hierdie skets kom na aanleiding van die Facebook-groep “Everybody Draw Muhammad Day”.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.