‘Ysbeerman’ daag Shell uit
2011-03-28 11:03
’n Voorste kampvegter vir die omgewing het Shell gewaarsku om nie Suid-Afrikaners wat vir die Karoo omgee, te onderskat nie.
Lewis Pugh, ’n prokureur wat in seevaartreg spesialiseer, maar beter bekend is om sy swemmery in uiterste omstandighede om die aandag op klimaatverandering te vestig, is by ’n openbare vergadering in Nuweland, Kaapstad, staande toegejuig oor Shell se konsep-omgewingsbestuursplan.
Hy het gewaarsku dat die maatskappy se planne om vir skaliegas in die Karoo te prospekteer, Suid-Afrikaners aangehits het.
Lees meer by Landbouweekblad.com
- Landbouweekblad