Yengeni weer uitgevang

2010-10-31 06:11
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die ANC-swaargewig en pierewaaier Tony Yengeni, wat tronkstraf uitgedien het weens bedrog, het weer die wet oortree – en hy kan weer agter tralies beland.


Rapport het Yengeni, die sogenaamde “Gucci-sosialis”, se bedrywighede ondersoek en kan nou onthul dat:
- Yengeni die Maatskappyewet oortree het deur direkteurskappe van ses maatskappye te aanvaar;
- twee van die maatskappye waarvan hy ’n direkteur is die potensieel winsgewende prospekteerregte vir minerale bekom het; en
- Yengeni steeds ’n rykmans­lewe leef, met drie spogmotors op sy naam, waaronder ’n Ma­sera­ti Gran Turismo van 2009, wat sowat R1,75 miljoen kos.

Yengeni kan ’n groot boete of selfs twee jaar tronkstraf kry as hy weens sy nuutste oortredings vervolg sou word.

Ingevolge die Maatskappyewet word enigiemand wat weens bedrog of oneerlikheid tronkstraf kry sonder die keuse van ’n boete, outomaties verbied om ’n direkteur van ’n maatskappy te wees. ’n Voorheen veroordeelde persoon kan wel ’n hooggeregshof vra om die onbevoegverklaring tersyde te stel.

Yengeni, hoof van die ANC se politieke skool, was uitdagend toe Rapport hom gevra het of die hooggeregshof hom wel verlof gegee het om ’n direkteur te wees.

“Wat het die hooggeregshof met my lewe uit te waai? Miskien stipuleer die wet sekere dinge, maar die hooggeregshof – ek dink nie hulle maak saak nie. Ek hoef nie die hof verlof te vra om met my lewe aan te gaan nie,” was sy antwoord.

Op die vraag hoe hy sy drie weeldemotors kan bekostig, het hy gesê: “Dit raak jou nie. Hoeveel voertuie ek besit, is ’n private aangeleentheid. Dis nie ’n openbare kwessie nie.
“Dié land het nog baie ander inwoners wat nie net motors nie, maar ook vliegtuie en helikopters besit … Veral die wittes wat al die rykdom en alles besit.

“Ek verstaan nie jou belangstelling in wat ek bestuur nie,” het Yengeni gesê.

Voertuigregistrasie-registers wys Yengeni is die eienaar van drie weeldemotors – die Maserati Gran Turismo; ’n BMW X5 van 2009 en ’n BMW X6 van 2009.

Volgens registers van die kantoor vir maatskappye en in­tel­lek­tuele eiendomsregistrasie (Cipro) het Yengeni tussen Februarie 2005 en November 2008 die direkteur van ses maatskappye geword.

In twee gevalle is hy as direkteur aangestel terwyl hy op borgtog was hangende sy appèl teen sy bedrogklag. Hy het direkteursposte in vier ander maatskappye aanvaar binne twee jaar nadat hy uit die tronk vrygelaat is.

Yengeni het hom by een van die maatskappye, Auburn Avenue Trad­ing 88, aangesluit twee maande nadat dit ’n prospekteerlisensie vir 200 terreine in Noordwes bekom het.

Hy het hom by ’n ander maatskappy aangesluit enkele weke voordat dit prospekteerregte van 174 terreine bekom het.

Dit was ’n spogmotor – ’n groen Mercedes-Benz ML320 4x4 – wat veroorsaak het dat Yengeni tronkstraf uitgedien het weens bedrog.

Yengeni, ’n voormalige ANC-hoofsweep in die parlement en tans lid van die party se nasionale uitvoerende komitee, is in 2006 weens bedrog teen die parlement gevonnis. Hy het versuim om die afslag van 47% te verklaar wat hy ontvang het vir die voertuig van Daimler-Benz Aerospace, ’n maatskappy wat ’n belang in Suid-Afrika se wapenaankoopprogram gehad het.

Destyds was Yengeni voorsitter van die gesamentlike parlementêre staande komitee oor verdediging – die komitee wat die wapentransaksie moes monitor.

’n Pretoriase landdros het Yengeni in Maart 2003 tot vier jaar tronkstraf gevonnis. Hy is op borgtog vrygelaat hangende sy aansoek om appèl, en is eers in Augustus 2006 tronk toe.

- Rapport

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Callie sê... Hy moet 'n houvas hê, nie net op die ANC nie, maar ook op Zuma persoonlik, anders sal hulle hom nie so met handskoentjies hanteer nie. Intussen kry hy nog sy vet salaris net soos Cele en vantevore regter John Hlope. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.