Xenofobie-sweer bars

2009-11-18 08:35
Tweets Share Share line Print

Hernude xenofobiese geweldpleging het hier gelei tot die ontheemding van sowat 3 500 buitelanders, hoofsaaklik Zimbabwiërs, wat volgens Suid-Afrikaanse plaaswerkers hul werksgeleenthede steel.

Gister se geweldpleging, waartydens die huise van buitelanders afgebreek is, volg skaars 18 maande nadat xenofobiese geweldpleging Suid-Afrika geteister het.

Die lont het voor die naweek reeds kort gebrand en gister het die kruitvat ontplof.

Ná ’n voorval van openbare geweld Vrydagaand toe drie mense in hegtenis geneem is, het sowat 60 volwasse Zimbab­wiërs en agt kinders besluit om in ’n munisipale stoor langs die polisiekantoor skuiling te soek, volgens supt. Desmond van der Westhuizen, stasiekommissaris van De Doorns.

Maandagaand het ’n vergadering tussen plaaslike inwoners, plaaseienaars, arbeid-subkontrakteurs, die burgemeester en raadslede die situasie verder op die spits gedryf. Van die plaaslike inwoners het aangevoer die Zimbabwiërs word minder betaal vir seisoenale werk op plase en kry daarom makliker werk as die plaaslike inwoners. Die boerderygemeenskap ontken dit.

Gisteroggend omstreeks 07:00 het die kruitvat ontplof toe plaaslike inwoners Zimbabwiërs verhoed het om te gaan werk en begin het om hul huise af te breek.

Volgens Van der Westhuizen besit Suid-Afrikaners dié huise, maar word dit aan Zimbabwiërs verhuur.

In ’n stadium moes die polisie met rubberkoeëls skiet om die skare uiteen te jaag. Niemand is beseer nie.

’n Skare Zimbabwiërs het met die besittings wat hulle kon dra in die buurt Stofland bymekaargekom sodat die polisie hulle kon wegbring. Ander het met hul besittings op die kop te voet die pad na veiligheid aangepak.

Een van die ontheemdes, mnr. Philip Chinomera (46), het verwese langs ’n kruiwa gestaan en gewonder: “Wat gaan die toekoms vir ons inhou? Hulle het begin om ons huise te vernietig en gesê ons moet gaan.”

’n Plaaslike inwoner, me. Sibongiseni Makapela (18), het gesê Suid-Afrikaners breek die Zimbabwiërs se huise af omdat “hulle nie in Suid-Afrika hoort nie”.

By die munisipale stoor het mnr. Nyasha Masayire Suid-Afrikaners as “baie rof” beskryf. “Hulle behandel ons soos ontlasting.”

Intussen het adv. Lennit Max, Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, gistermiddag met onder meer die plaaslike en distriksmunisipaliteit, rampbestuur en polisie vergader.

Volgens mnr. Julian Jansen, woordvoerder vir Max, beskou die minister die situasie as “taamlik ernstig”, maar is hy vol vertroue ’n “werkbare oplossing” sal gevind word.

Volgens Van der Westhuizen was die situasie omstreeks 17:15 in bedwang. Die polisie was steeds besig om Zimbabwiërs te verskuif.

Teen gisteraand 21:30 het die Wes-Kaapse rampbestuur verblyf vir sowat 1 800 Zimbabwiërs in tente by die plaaslike sportterrein voorsien, berig Nurene Jassiem.

Van die boere in die gebied het huisvesting vir sowat 1 000 Zimbabwiërs in die store op hul plase aangebied.

Volgens Van der Westhuizen sal sowat 30 polisiebeamptes van verskeie polisiekantore vandag na die gebied ontplooi word.

Daar is tussen 6 000 en 8 000 immigrante in De Doorns en die omliggende plase.

- Die Burger

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Niks sal ons verbaas nie. 'n Misdaadrekord stuit nie eens mense in die land om leiers te word nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.