Wynplase deur Helderberg-brand bedreig
2011-04-19 18:00
Johannesburg - ’n Verwoestende brand wat huise en ’n hotel in Somerset-Wes in puin gelê het, het ook spogwynplase naby Stellenbosch bedreig. Honderde brandbestryders moes dae lank spook om die vuur in bedwang te bring.
Die brand, wat Saterdag in Somerset-Wes uitgebreek het, is die aand deur ’n sterk oostewind om die Helderberg in die rigting van Stellenbosch gedryf. Dit is eers vanoggend vroeg onder beheer gekry.
Uva Mira en Ernie Els-wyne, al twee op die Annandale-pad, moes Maandag hul deure vir die publiek sluit sodat alle beskikbare hande by die brand, wat alles in sy pad verteer het, kon uithelp. Bilton-wyne, Alto, Cordoba en Nooitgedacht het ook deurgeloop.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Landbouweekblad