Wouter Basson se verhoor duur voort

2011-09-28 09:08
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – 'n Ondersoek na dr. Wouter Basson se beweerde onetiese optrede word Woensdag vir 'n derde dag in Pretoria voortgesit.

Dr. Steven Miles, 'n praktiserende internis en dosent aan die Universiteit van Minnesota, het gesê Basson het teenstrydig met die wette van die menslikheid opgetree toe hy hoof van die Project Coast – die weermag se destydse projek vir chemiese en biologiese oorlogvoering – was.

Miles het gesê Basson het het op 'n onetiese wyse sy mediese lisensie behou terwyl hy toetse wat deel van dié program was, gemonitor het.

In die proses het hy verskeie internasionale en plaaslike mediese etiese kodes oortree.

Die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGB) ondersoek Basson se gedrag terwyl hy die hoof van Project Coast was.

Luidens die klagstaat het Basson mandrax en ecstacy vir die apartheidsregering vervaardig,

Die RGB ondersoek ses aanklagte van onetiese of onprofessionele gedrag wat verband hou met die beweerde skending van menseregte tydens die apartheidera. Dié aanklagte is in 2007 teen hom gebring.

Die raad het Maandag besluit om nie voort te gaan met sekere aanklagte wat teen Basson gebring is nie.

Dít sluit in die aanklag wat verband hou met Basson wat sy aanstelling as hoof van Project Coast aanvaar het. Die raad het ook die derde aanklag en elemente van die tweede aanklag laat vaar. Albei hou verband met toetse wat op troepe en die polisie se taakmag gedoen is.

Basson praktiseer tans as 'n kardioloog in Durbanville, Kaapstad.

Die Pretoriase hooggeregshof het verlede jaar 'n aansoek van Basson, wat die RGB verhoed om met die ondersoek voort te gaan, verwerp. Basson wou hê die hof moet die verhore onwettig, onredelik en onregverdig verklaar.

Basson is in April 2002, ná 'n verhoor van 30 maande, vrygespreek op meer as 40 aanklagte van ondermeer moord, bedrog en dwelmhandel. Die staat wou teen dié uitspraak appelleer, maar die appèlhof het 'n herverhoor in 2003 geweier.

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: wouter basson

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Niks sal ons verbaas nie. 'n Misdaadrekord stuit nie eens mense in die land om leiers te word nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.