Wouter Basson doen aansoek om kwytskelding
2011-09-30 21:58
Johannesburg – Wouter Basson wat deur die Raad op Gesondheidsberoepe aangekla (RGB) word van onetiese gedrag, het om kwytskelding aansoek gedoen.
Sy verhoor voor die RGB se gedragskomitee in
Pretoria is tot 26 Januarie uitgestel.
Indien sy aansoek om kwytskelding nié
goedkeuring ontvang nie, sal die tugverhoor in Maart voortgesit word.
Advokaat Jaap Cilliers van Wouter Basson se
regspan het dit duidelik gemaak dat Basson sal ontken dat hy enigsins oneties
of onprofessioneel opgetree het.
Basson was betrokke by Project Coast – die
weermag se destydse projek vir chemiese en biologiese oorlogvoering.
Dié projek was na bewering gemik op die vervaardiging
van traangas en verskeie chemiese middels wat ingespan is vir skarebeheer en
vir gebruik teen die regering se vyande in die Grensoorlog in die tagtigerjare.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA