Wouter Basson: ‘Dit was dwelms of keelaf’

2011-10-02 06:44
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Dr. Wouter Basson is die afgelope week met oudpres. Nelson Mandela vergelyk.

Sy regspan voer ook aan hy het juis eties opgetree deur dwelms vir die oorgrens-ontvoerings van ANC-, PAC- en Swapo-lede te verskaf.

Basson staan tereg op aanklagte van onprofessionele en onetiese gedrag in ’n verhoor deur die Raad vir Gesondheids­beroepe (RGB).

Die verhoor berus op wat Basson self getuig het in sy strafverhoor en daardie feite is nie in geskil nie.

Maar adv. Jaap Cilliers SC het namens Basson aangevoer hy het die aktiwiteite in sy hoedanigheid as ’n soldaat en nie as dokter nie uitgevoer.

Dit val dus buite die grense van mediese gedrag waaroor die RGB kan beslis.

Cilliers het gesê die prokureursorde wou destyds vir Mandela van die rol skrap omdat hy vir politieke doeleindes wette oortree en ook ander aangehits het om dit te doen.

Die hof het aanvaar Mandela het sy politieke bedrywighede in ’n persoonlike hoedanigheid gevoer en nie as ’n prokureur nie.

Prof. Steven Miles, ’n Amerikaanse etiekkenner wat teen Basson getuig het, het gesê hy is “eenvoudig dronkgeslaan” dat Cilliers Basson met Mandela wil vergelyk.

Nóg ’n argument van die verdediging was dat Basson eintlik eties opgetree het deur dwelms te verskaf vir “twee tot vier” oorgrens-ontvoerings.

Die dwelms was die geskikste opsie. Die alternatief was om ’n veiligheidswag keelaf te sny of te skiet, beweer Basson.

Maar Miles het gesê dwelms moet net in die beste belang van die ontvanger toegedien word.

“Dit kan nie in iemand se beste belang wees om ontvoer te word nie.”

Cilliers het gesê hulle gaan nog getuienis lei dat sommige middels ook in plaaslike skarebeheer gebruik is. Dit is nie oneties om wetstoepassers by te staan nie, het hy aangevoer.

In klag twee word Basson beskuldig dat hy as projekoffisier van Delta G mandrax, ecstacy, ’n hallusogeen (BZ) en die traangasse CS en CR “op groot skaal” vervaardig het.

Basson het destyds getuig CR is indirek aan die weermag verskaf vir gebruik in onluste sodat selfs die weermag nie geweet het dit word eintlik in Pretoria vervaardig nie.

Die middel laat iemand só sleg voel dat hy net wil huis toe gaan, “gaan lê en wil doodgaan”.

BZ het verskeie variasies wat verskillende uitwerkings kan hê, het hy getuig.

Die een variasie maak die teikens heeltemal passief sodat hulle ondanks groot gevaar net sal gaan sit en lees of met ’n vriend gesels.

’n Ander variasie maak die teiken weer so aggressief dat “hy sy eie ma sal begin skiet”.

Ná die verhoor het Miles gesê die verhoor is ’n “enorm belangrike saak regoor die wêreld”.

Dit is ook sedert die vervolging van die destydse Nazi-dokters een van die prominentste verhore waarin presedente geskep kan word.

- Rapport

Lees meer oor: wouter basson  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Niks sal ons verbaas nie. 'n Misdaadrekord stuit nie eens mense in die land om leiers te word nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.