Woedende ouers rand glo onderwyser aan
2010-01-29 02:16
Kaapstad – ‘n Onderwyser se arm is in ‘n verband nadat ‘n groep woedende ma’s dit glo gedurende ‘n argument beseer het.
Die hoof van Rainbow Primêre Skool in Wesbank, Delft, Brent Bruintjies, het sleg daarvan afgekom nadat hy daarvan beskuldig is dat hy voorkeur gee aan Afrikaanse leerlinge, bo Xhosa kinders.
Volgens ‘n bron by die skool wou die woedende vroue weet hoekom Xhosa-sprekende graad een en twee klasse gekombineer is, terwyl die Afrikaans klasse apart is.
- Lees meer by iol.com