Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Woede oor minister se uitlating oor Afrikaners

2013-02-27 08:17
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Lulu Xingwana, minister van vroue, kinders en gestremdes, het "haar amp misbruik" en het nie die waardigheid en eer wat haar posisie vereis nie, het die Afrikanerbond Woensdag gesê.

"Hierdie minister het bo enige twyfel bewys dat sy nie geskik is om 'n amp te hê in 'n konstitusionele demokrasie nie," het Jan Bosman, sekretaris van die organisasie, in 'n verklaring aangevoer.

Dit volg ná Xingwana aan die Australiese Uitsaaikorporasie (ABC) gesê het jong Afrikanermans word grootgemaak om te glo dat hulle vroue en kinders "besit".

"Jong Afrikanermans word grootgemaak in die Calvinistiese geloof en glo hulle besit 'n vrou, hulle besit 'n kind, hulle besit alles, en daarom kan hulle daardie lewe neem, want hulle besit dit," het sy gesê.

"Ons het ook kulturele verskille in ons eie gemeenskappe waar ons vroue het wat gedwing word om te trou en ons hanteer al daardie sake."

ABC het 'n onderhoud met Xingwana gevoer oor die dood van die Paralimpiese kampioen Oscar Pistorius se meisie, Reeva Steenkamp.

Die insetsel, wat Maandag uitgesaai is, fokus op vuurwapengeweld in Suid-Afrika.

"Ek sal hom vra om die waarheid te praat. Ek sal hom vra om vroue te respekteer," het Xingwana gesê.

"Ek sal hom vra om ontslae te raak van sy vuurwapens. Want ek glo as hy nie vuurwapens in sy huis gehad het nie, sou Reeva Steenkamp vandag gelewe het."

Bosman het gesê Xingwana se uitlatings is 'n "ekstreme verbale aanval op die integriteit van Afrikaners".

"Dit is ongeldig, ongevraagd en van alle waarheid ontbloot. Die minister skuld ten minste aan Afrikaners, mans, vroue en kinders, 'n onvoorwaardelike verskoning," het Bosman gesê.

Die Afrikanerbond het gesê hy sal die saak met die kantoor van pres. Jacob Zuma opneem, sodat die president kan "optree teen een van die mees onbevoegde ministers in sy kabinet," het Bosman bygevoeg.

Ook AfriForum het Dinsdag gesê hy oorweeg dit om 'n klagte teen Xingwana by die gelykheidshof te lê oor haar uitlatings.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- SAPA

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
160 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Gielman Tiwwe sê... Ek neem aan die hond het rooi hare met 'n geboortevlek tussen die oë? Nou moet jy hom net leer kerrie eet en om nie vir Indiers te blaf of grom nie. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.