Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Woede oor baba Wade-vonnis

2013-03-05 12:46
Tweets Share Share line Print

(Foto: Shutterstock)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou stories

Pretoria – Die Child Abuse Action Group het sy woede uitgespreek oor die vonnis van baba Wade se ouers, Marissa Rudman en Nolan Schoeman.

Rudman en Schoeman is Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof tot onderskeidelik 10 en 13 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op hul twee maande oue babaseun.

"Tien en 13 jaar is maar 'n tikkie op die skouer, want waar is die kind? Hy is weg, en weg op die vreeslikste manier," het Lucy Redivo van die aksiegroep gesê.

"Hy het weke lank gely. Hy het wonde gehad wat gesond geword het en wat meer as twee weke oud was. Ons moet strenger vonnisse vra vir mense wat babas doodmaak. Regter Cynthia Pretorius was baie toegeeflik met hulle."

Die 36-jarige Rudman het op Schoeman gevloek en geskree terwyl sy geboei is ná die vonnis.

"I hope you f*****g die. You f*****g c**t. How could you not speak up? You took my baby from me," het Schoeman geskree en in trane uitgebars.

Pretorius het Dinsdag beslis dat die twee jaar wat Schoeman reeds in die tronk was, in ag geneem is toe sy vonnis bereken was.

Die regter het bevind daar was wesenlike en dwingende omstandighede wat 'n mindere vonnis regverdig, ten spyte van die afgryslike manier waarop die paartjie hul baba gemartel en vermoor het.

'n Patoloog het in die verhoor getuig dat sy nog nooit 'n kind met sulke erge beserings gesien het nie. Baba Wade se breinbeserings was so erg dat die swelling sy skedel gebreek het. Sy twee voorarms is ook gebreek, kneuswonde is aan sy gesig en lyf gevind en hy het 22 gebreekte ribbes gehad.

Pretorius het gesê Schoeman en Rudman is self erg as kinders mishandel en het ook dwelms gebruik.

Sy het die omstandighede waarin die paartjie hulle bevind het, soos ondermeer werkloosheid, en 'n gebrek aan geld en vervoer, ook in ag geneem.

Die regter het gesê die baba is minstens twee weke voor sy dood erg mishandel. Pretorius het gesê sy glo nie dat een van die twee berouvol is nie, hoewel hulle die grootheid van hul verlies besef.

Rudman het nog twee jaar ná hul in hegtenisneming saam met Schoeman gewoon en het eers hul verhouding verbreek nadat hy weer in hegtenis geneem is.

Pretorius het gesê dit is moeilik om te glo dat Rudman 'n mishandelde vrou was, omdat sy Schoeman dikwels weggejaag het, maar altyd teruggevat het.

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: misdaad  |  moorde  |  hof
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
49 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Sagitarius sê... Daar wag nog baie meer skokke op hulle. Hou die spasie dop. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Saturday Houghton Estate - 13:26 PM
    Road name: Louis Botha Avenue
    TRAFFIC LIGHTS not working at Houghton Drive
  • Saturday Houghton Estate - 13:23 PM
    Road name: M1 Northbound
    LANE CLOSURE for roadside works at Killarney Bends
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.