Woede oor afdankings by maatskappy
2009-07-24 14:14
Die afdankingsproses by die wapenmaatskappy, RheinMetall Denel Munitions (RDM), is onregverdig, meen Solidariteit.
Dit kom minder as ‘n jaar nadat RheinMetall sowat 51% aandele in Denel Munitions gekoop het.
Volgens die unie is daar reeds sowat 210 werknemers deur die afdankingsproses geaffekteer.
“Dit is onregverdig dat werkers hulle poste moet verloor omdat die twee maatskappye saamgesmelt het,” het Solidariteit Vrydag gesê.
“Volgens seksie 197 van die wet op werksverhoudinge, mag werknemers nie hulle werk verloor as gevolg van ‘n samesmelting van maatskappye nie,” het Jaco Kleynhans, woordvoerder van Solidariteit gesê.
–Sapa