Woede ná ANC-front regte op plase kry

2010-11-28 09:54
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Limpopo-boere is woedend omdat minerale regte op hul plase gegee is aan Chancellor House Mineral Resources (CHMR) sonder dat hulle glo behoorlik daaroor gekonsulteer is.

CHMR is ’n filiaal van Chancellor House, die ANC se frontmaatskappy vir beleggings en geldinsameling.

Die boere het nou ’n veldtog begin teen CHMR en die departement van minerale hulpbronne.

“As hulle met hul masjinerie hier by my plaas aankom, skiet ek hulle,” sê die saaiboer Kerneels van der Merwe. “Ek weet niks hiervan nie en niemand sal sonder my toestemming ’n voet op my plaas sit nie. Ek gaan hof toe en sal tot die bitter einde toe baklei.”

Van der Merwe is een van talle boere in die Roedtan-distrik wat die afgelope week ontdek het die departement het ’n lisensie aan CHMR toegeken om op 41 plekke te prospekteer vir steenkool, kobalt, goud, yster, mangaan, nikkel, fosfaat en platinum.

Rapport het verlede week berig CHMR het vyf lisensies gekry om op 500 plekke in 5 provinsies te prospekteer. Een van dié lisensies gee CHMR die reg om op plase in die Roedtan-omgewing te prospekteer.

Roedtan-boere hou egter vol hulle is nie ingevolge die wet gekonsulteer nie. Ander sê hulle is op ’n kort vergadering met ’n konsultant net meegedeel daar is prospekteer-aansoeke op hul plase. Hy het glo belowe om terug te kom na hulle met meer inligting, maar het nie.

Die boere het nou hul plaaslike landbou-unie, TLU SA, gevra om namens hulle op te tree teen Chancellor House en die departement.

Marie Helm, ondervoorsitter van TLU SA se noordstreek, het Chancellor House eergister gekontak met vrae oor die konsultasieproses.

Helm sê tot 4 000 prospekteer- en mynlisensies is in Limpopo toegeken, baie daarvan sonder behoorlike konsultasie met boere.

“Dit gebeur heeltyd dat lisensies toegeken word sonder behoorlike konsultasie,” sê Helm. “As dit nodig is, gaan ons hof toe.”

Zingaphi Jakuja, die departement se kommunikasie-direkteur, sê alle aansoekers moet eers belanghebbendes konsulteer en bewys daarvan lewer voordat ’n aansoek oorweeg kan word.

Rapport het vasgestel dat Chancellor House in 2007 die mynkonsultant MSA aangestel het om met boere te konsulteer. Neels Heyneke, ’n gekontrakteerde MSA-­ kon­sultant, sê hy was weke lank in die Roedtan-omgewing en het met 60 boere gekonsulteer.

“Ek het ’n lys name van boere gekry vir konsultasie. Net een het my weggejaag. Ek het die ander ontmoet, hulle ingelig oor die aansoek en gevra of hulle besware het. Indien wel het ek dit aangeteken. Sover ek kan onthou, was daar nie baie besware nie,” sê Heyneke.

Heyneke sê hy het persoonlik met Van der Merwe gepraat.

Van der Merwe sê: “Ek het nooit met dié man gesels nie. Ek sou nie, want ek het niks om vir hom te sê nie. Ek wag vir hulle. Daar sal oorlog wees hier in Roedtan.”

Heyneke sê hy het op ’n vergadering aan boere verduidelik hulle besit nie langer die minerale op hul plase nie en dat die departement die regte wetlik aan enige aansoeker kan toestaan.

Mamatho Netsianda, uitvoerende hoof van Chancellor House, het by navraag gesê hy praat nie met die media nie.

Op die vraag of dit nie onbehoorlik is dat die departement prospekteerregte gee aan ’n maatskappy met noue bande met die regerende party nie, sê Jakuja: “Die wet skryf nie voor wie aansoek kan doen en wie nie. Die wet bepaal ook nie dat applikante hul politieke voorkeure of alliansies hoef te verklaar nie.”

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Niks sal ons verbaas nie. 'n Misdaadrekord stuit nie eens mense in die land om leiers te word nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.