Wittes verlaat weermag in hordes
2010-11-04 11:01
Kaapstad – Volgens getalle wat aan die parlement voorgelê is, is wit mans besig om die weermag in hul hordes te verlaat.
Dit volg die opstel van vrywillige skeidingspakkette vyf jaar gelede deur die parlement se verdedigingskomitee.
Volgens genl. Andries de Wit het 3 718 Suid-Afrikaanse lede van die verdedigingsmag dié pakkette gebruik om die weermag te verlaat, het Business Day Donderdag berig.
Sowat 67% van dié wat uitgetree het, was wit mans en sowat helfte van hulle was in seniorposte tussen adjudant-offisiere en kolonelsrange.
Sowat 2 496 witmense, 856 swartmense, 306 kleurlinge en 70 Indiër-soldate het die weermag in die afgelope vyf jaar verlaat.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA